Die Reis Na Die Anderkant Van Die Highway

Met hierdie album wil ek vir almal baie dankie sê vir al die great support deur die afgelope sewe jaar wat ek myself in die musiekbedryf bevind. Julle is die mense wat die wiele laat bly draai.

Julle het my ondersteun al het ek so stil geraak die laaste 3 jaar.

Ek is ń baie private mens en deel nie graag my persoonlike goed nie, maar met hierdie album vat ek julle op n reis deur die gange van my hart. 

Net soos baie mense vandag, het ek stil geraak as gevolg van omstandighede in my lewe. Ek het altyd gelees van depressie/angs en nooit regtig besef hoe en wat dit eintlik is nie.

Ek het myself in een van die donkerste plekke op aarde bevind. Daar was niemand daar nie. Lig was nêrens te sien nie. My liedies ‘Want Dit Reën’ en ‘Donkermaan’ vanaf my vorige album was tydens daardie tyd in my lewe geskryf.

Drank was van na skool af n groot deel van my lewe en met die jare het dit my identiteit heeltemal oorgevat. En hoe donkerder dit geraak het, hoe meer het ek gedrink om net so bietjie te kon ‘smile’.

Wel ek het twee en ñ half jaar gelede heeltemal gebreek en vir die eerste keer in seker twintig jaar die Here se naam aangeroep! Daar was nie meer veel van my oor nie en ek wou nie meer aangaan met die lewe nie. Gelukkig het Hy my daardie oggend gehoor en met onverstaanbare liefde styf vas gedruk!

My dokter wou my soveel keer hospitaal toe stuur. Ek het egter geweier. En keer op keer weer opgeeindig in daardie donker plek. Oor en oor! Dieper en dieper! 

Maar daardie oggend toe ek alleen was in my studio, het Hy my trane gesien. En met Sy groot hand my uit die donkerte kom haal en vry gemaak van my verwoestende self!

Dis vandag twee jaar terug wat Jesus my kom red het van die dood en alkoholisme. En ook nou twee jaar wat ek skoon is van drank en happy pille! Ek het nog nooit so goed gevoel nie! Elke dag is net geleen en kosbaar vir my.

Ja, ek glo dat God ñ wonderwerk in my lewe gedoen het. Totale genesing! En Hy kan dit vir enige iemand doen, maak nie saak waar deur jy vandag gaan nie......

My lewe het verander. En dit waarvan my hart vol is, het deur my pen in musiek uitgevloei. Hierdie album vertel die verhaal van die lewe na bevryding. Elke dag is vir ons gegee om ń verskil in die lewe te maak. Om kwaad te wees is om tyd te mors. Môre is dalk te laat.

Om aan die Anderkant Van Die Highway te ‘travel’ is nie altyd maklik nie, maar dis daar waar Jesus ons wil hê. Dis daar waar ons lewens sin maak en die waarheid van Jesus se woord weer die lig sal sien. - (Mat 7:13-14)

Listen to songs from the new album.

Follow me on...

Facebook -- https://www.facebook.com/gertkoevert/ Instagram -- https://www.instagram.com/gertkoevert/ Twitter -- https://twitter.com/settings

Anderkant Die Highway nou beskikbaar!

Subscribe to stay connected!

Stay connected with news and upcoming show dates.